Jesus in die Huwelik

“Jesus in die huwelik” Ek kry dikwels inspirasie uit liedere. Hierdie week vind ek egter inspirasie in ‘n sekulêre lied. Allan Jackson sing:
We still wear our rings. We still say I love you. We both play the part oh so well, but everyone knows it’s just a sad show and we’re only fooling ourselves. We could pack up and leave in different directions if we just had somewhere to go. We just keep on pretending, afraid of the ending and admitting what everyone knows. It’s like living in a house with no curtains. The whole world can see what’s inside. You can turn out the lights in a house with no curtains but heartache has nowhere to hide.

Ongelukkig is daar vandag talle wat met die lied kan identifiseer. Manne en vroue van oraloor ondervind probleme in verhoudings en ook in hul huwelikke. Ek gaan soek toe raad by die Here, vra Hom wat is fout en hier is wat ek hoor:

Tydens ons troues het ons talle beloftes gemaak. Ons het beloof om mekaar lief te hê, getrou aan mekaar te wees en mekaar te eer. Maar, terwyl ons sukkel om die huweliksboot op die water te hou, word God daaruit gehou en dikwels eenkant gestoot.

Toe Jesus in Johannes 15:5 gesê het dat ons niks sonder Hom kan doen nie, het Hy ook na ons huwelikke verwys. Sien, ons maak dikwels ons eggenoot ons eerste liefde en hul wil dit ook graag so hê. Maar, om ‘n gelukkige huwelik te hê moet ons God eerste stel, moet ons God ons eerste liefde maak. Ons moet Hom liefhê bo alles en streef daarna om Hom te vereer. Ja, selfs in ons huwelikke. Met Jesus in die senter kan elke huwelik slaag. Met Jesus aan die stuur sal ons sukses behaal.

“Ja maar my egenoot dien nie die Here nie.” Mag iemand sê. Selfs ten spytte hievan sê die Woord dat ons God bo alles moet liefhê en ons naaste soos onsself. “Maar Johan, jy weet nie waardeur ek gaan.” Sê iemand anders. Jesus sê dat ons kan verkry wat ons vra as ons in geloof na Hom toe gaan. Ons is geroep om lief te hê, nie om te oordeel. Ons is geroep om te gee soos Jesus gegee het, nie om eise te stel nie. Ons is geroep om soos Jesus te wees, nie soos iemand anders nie.

Ek dink dat dit Cliff Richard was wat die volgende geskryf het:

“Love is really fragile and if it’s going to last, we’ve got to start by giving Jesus future, present and past. I ache the way I love you but, babe, its sink or swim. And when we look back years from now, we’re gonna owe it all to Him. You and me and Jesus, Jesus, me and you; on our own we’d break, with Him we’ll make it through. Jesus, take us, make us what you want us both to be; I give myself to her, she gives herself to me.”

Vandag vra ek dat ons, die getroudes tog maar vir Jesus in ons huwelikke toelaat, en die wat nie getroud is nie; soek eers die koninkryk van God en laat toe dat Hy vir jou die regte eggenoot gee.

Now Playing =

Please Note: If the Radio does not play instantly – please just click on the White Play button, If The Radio still does not Play, Please Click on the Secondary Link supplied on the Bottom of this Page : To adjust the Volume Click on Speaker and Drag Left or Right.

TruLight Radio XM

We Are

Direct Link to Listen in Click HERE !!!