Caroline Bosch

Caroline Bosch is an Zimbabwe based Gospel / Country Artist
English and Afrikaans

Caroline Bosh sing met haar hart, nie met haar stem nie. Haar derde album, Hoor hoe sing my hart, bewys dit regdeur die veertien liedjies wat die borrelende blondkop saam met die legendariese musiekvervaardiger Boet Pretorius opgeneem het.

“Elke lied is met passie opgeneem. Dis nie net nog n album nie. Dit is n deel van my. Elke lied vertel sy eie storie. Elke woordjie is uit die hart uit gesing, en elke nooit is met gevoel gespeel”, verduidelik Bosch, wie se vorige album, Neusie verby, oor deur Sting Music uitgereik is.

Sy sing al vandat sy kan onthou, vertel die sangeres wat al op agt jaar haar verhoogdebuut gemaak het toe sy by die Maranatha-sonskynhoekie gesing het. “Ouma vertel my altyd die storie van toe ons krugerwildtuin toe was. Ek was nog bitterklein. Ek was mal oor Cathy Viljoen en oupa het n tape van haar gekoop en in die kar gespeel terwyl ons wildtuin toe gery het. Ek het elke liedjie saam gesing – oor en oor en oor. Maar die tape wou later nie meer speel nie, want dit was vasgesmelt van die hitte.

Vir haar jongste album het Bosch en “Oom Boet” letterlik deur honderde liedjies gesif voordat hulle op die finale produk besluit het. “Oom Boet het gaan grou vir ou liedjies waarvan almal al vergeet het. Die nuwe liedjies op die album is uit die pen van Andoline Bezuidenhout.”

Van die ou, amper vergete treffers wat Bosch opgeneem het, sluit in As jy aan eendag glo (Amanda Luyt) en Ek mis jou so (Anneli van Rooyen). Die nuwe skeppings deur die liedjieskrywer Andoline Bezuidenhout sluit in Laat ek jou net liefhe – waarmee die album afskop – en liefde is n lekker ding asook Jy maak my vry. Laasgenoemde en Ek mis jou so is Bosch se gunsteling-snitte op die album.

Met sangers soos Laurika Rauch en Celine Dion as inspirasie beskryf Bosch haarself as n balladesanger. Sy sing met passie en is glad nie n sokkie-sokkie sangeres nie. “Ek wil mense se harte raak. As ek deur my liedjies net n verskil in een mens se lewe kan maak, dan het ek berge versit.

Hoor hoe sing my hart is n skoene-uitskop album wat musiekliefhebbers met sy hartstogtelike sjarme gaan betower. Caroline Bosch se passie, inspirasie en besielde sangstem is n rariteit in n bedryf waar siellose doef-doef (sonder n warm hartklop) die maatstaf geword het

caroline@carolinemusiek.com
Zimbabwe +263 20 66608
+263 77 983 6596
+263 77 442 5184
Zim Bookings +263 77 983 6596
RSA Bookings +27 82 478 1823

Caroline’s Website
Click here to see more about Caroline

Caroline’s Facebook Page
Access her Facebook Page

Now Playing =

Please Note: If the Radio does not play instantly – please just click on the White Play button, If The Radio still does not Play, Please Click on the Secondary Link supplied on the Bottom of this Page : To adjust the Volume Click on Speaker and Drag Left or Right.

TruLight Radio XM

We Are

Direct Link to Listen in Click HERE !!!